heyLei Leierskapkursus
Leierskap is pret... as jy weet wat jy doen. Maar wat as jy nie die regte gereedskap in jou gereedskapskis het om iets daarmee te maak nie?
heyLei is 'n Kursus spesiaal vir jong leiers om jou toe te rus vir die taak wat op jou wag. Maar wat as jy nog nie 'n leier is nie? Of nie 'n leiersposisie beklee nie?
Dit maak nie saak nie!
Leierskap is invloed en ons almal het die vermoë om die mense rondom ons te beïnvloed.
Ons nooi jou uit om hierdie kursus deel te maak van jou lewe en jou leierskapstorie een te maak wat tel.